DUR=04:35
INTRO=Baie mense droom
daarvan om op 'n lang vakansie te gaan, maar gewoonlik is daar faktore
soos geld en tyd wat dit in die wiele ry.
Maar 'n gestremde van Douglas in die Noord Kaap, het
besluit om sy droom uit te leef en 'n jaarlange vakansie te neem. Hy
het die langpad 'n maand gelede doodluiters begin aanpak Kaap toe met
sy selfgemaakte perdekar en twee honde vir geselskap. Veronica Fourioe
het hom langs die pad tussen Jansenville en Uitenhage in die Oos Kaap
raakgeloop en die verslag saamgestel.
TEXT=Fox is 'n alleenlope
en het vrede met die wêreld. Hy het sy regteroog verloor toe 'n lem sy
oog beskadig het toe hy nog as 'n ketelmaker op Douglas gewerk het. Die
oog het nou 'n swart oogklap op. Verder bodder hy nie met
tierlantytjies soos klere nie. Hy het net 'n kortbroek met kruisbande
en uitgestrapte sandale aan.
(Ek was bietjie van 'n dikkerige
ou, maar noudat ek so rondtrek – my klere is almal 'n bietjie te groot
vir my. Ek verkies braces want dit sit nie vas om my pens nie. En ook
as ek swem in die dam dan is dit maklik om dit uit trek. En ok, ek tan
lekker met 'n kortbroek.)
Sy bruingebrande kaal bolyf en
verkreukelde gesig vertel dat hy al lank op die oop pad is. Maar is g'n
stuk 'n bedelaar of skelm nie en vra niemand iets nie en het gekies om
sy lewe ten volle te leef.
(Ek kry 'n disability. Ek kry R740. Ek kan die geld daar by die huis eet of ek kan toer. Nou ek verkies om op vakansie te gaan.)
Al
het hy min tande en net een oog staan sy growwe hande vir niks verkeerd
nie. Met sy planne om 'n jaar lank vakansie te hou, moes hy plan maak
om 'n voertuig aanmekaar geslaan te kry – een wat hom nie veel geld uit
die sak sou jaag nie. En dis dié helderrooi affêre wat in 'n perdekar
omskep is wat my oog gevang het in die Karoo.
(Die ding is
omtrent 75 year old. Ek het hom gekry daar by Noupoort. Ek het daar
gewerk toe sien ek die ding daar lê en toe besluit ek om 'n vakansiekar
te maak. Dis 'n one horse power en my enjin – my perd se naam is Dulce.
One horse power is genoeg om hom te trek.
En ek sien jy het twee besondere reisgenote – wie is hulle?
Dit is Auntie Vaugh die Doberman en die Alsation is Sister Diane.
Nou waar slaap jy as jy so reis?
Ek
het twee sponsmatrasse hierso, ek sit dit op die kant van die pad. En
as dit reën dan slaap ek sommer onder die afdak van die kar.
Nou Fox dit klink vir my jy kan nie met die ding op die teerpad ry nie – watter roetes volg jy?
O
nee net grondpad, want my perd se voete sal dit nie hou nie. En ook ek
het nou skoene opgesit en as ek teerpad ry sal ek omtrent 200 kilos
kry, maar op 'n grondpad miskien 800 kilos.
So, jy verkies die grondpad?
Ja en ek ontmoet ook meer mense en daar is ook beter geriewe vir my en die honde en die perd.
Ek sien jy het 'n joernaal wat jy hou. Wat is die doel daarvan?
As
ek nou klaar is, ek wil bietjie van 'n boek skryf van 'n mens wat so
trek deur Suid Afrika. Dis 'n mooi land. Daar is klomp goed om te sien.
Party mense gaan oorsee. If I had money, ek sal soontoe gegaan het,
maar siende dat ek nie geld het nie, I am enjoying what we got.)
Hy
het goeie voorbereiding getref vir sy toer. Fox het 'n klein radio om
gereeld na die nuus en weervoorspelling te luister. Die selfoon is net
vir noodgevalle soos wanneer 'n slang een van die diere sou pik of die
karretjie sou omval. En hy het ook 'n padkaart om die grondpaadjies te
kan volg. Dit beteken dat hy dikwels oor plase en privaatgrond moet
reis en daar moet uitspan, maar hy het selde probleme gekry omdat hy
altyd vooraf reëlings tref.
(Ek vra eers voor ek ingaan. Ek het
'n boek daarso. Elke poelieskamp waar ek gaan – hulle stamp hom en
teken my in. So as hulle ondersoek die perd en sê dis oraait. So as ek
mense kry en hulle is onbeskof dan kan ek sê hiers my boek, ek kom nou
net van daai poeliskamp af.
Nou watse bagasie ry jy alles saam behalwe die honde en matrasse?
Ek
het 'n bicycle hierso. As ek in 'n dorp kom, dan span ek uit by die
poelieskamp, dan toer ek deur die hele dorp met die bicycle. Ek het 'n
kitaar hieragter die seat. So if I get lonely, ek serenade vir my diere.
Nou speel vir ons 'n stukkie, toe.
Ek kan dit doen.
'FX…Silver coins…something to that effect.)
Maar dis weer tyd om Dulce in te span en sy twee hondematers op te laai en verder te gaan op die lang pad.
FX… Honde en vertrek.
(Up…up.
All right… leave a place for me…. sit down… stay there… thats
good… okey okey (FX dogs yapping en cart leaving.))
Fox beplan
om na ses maande weer dieselfde roete terug huistoe, Douglas toe, aan
te pak. Dis Veronica Fourie oppad tussen Jansenville en Uitenhage.
CREDITS=Veronica Fourie/27-11-04/
|