Columnist 2005 – Willem Jordaan
E-mail this story to a friend 
Printer friendly view of this page
Judges' reasons:

This columnist encapsulated all the criteria for a good
column such as the topicality of the issues at hand, excellent in-depth
knowledge of the subject, and extensive and ongoing research into the
topic. All this contributed to add meaning to a complex political
situation of which very few people understand the extent, nor the
intricacies. These incisive columns brought debates that were raging
behind the scenes into the public sphere – and added to the development
of a robust new post-democracy journalism in South Africa. The author
has elevated political journalism to the level of quality debate on the
pages of our print media. This columnist's writing meets all the
requirements of a column; insight, topicality, controversy, consistency
in argument, and, least but not last; quality, originality and
creativity of writing. Indeed, an independent voice.

The winner is Willem Jordaan – Die Burger

The winning entries follow (in Afrikaans):

Brandpunt (Die Burger, Woensdag 26 Januarie 2005)
Willem Jordaan
Sinlose kringloop kniehalter SA politiek

NASIONALE debat in Suid-Afrika val toenemend vas in 'n soort
politieke "Groundhog Day" waarin dieselfde dag oor en oor en oor
afspeel.
Nou speel dié dag hom wéér af in die ANC se ontleding van
politieke debat in Suid-Afrika na aanleiding van die openbare twis
tussen pres. Thabo Mbeki en emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu.

In
die reeks anonieme artikels wat nou weekliks vervat word in ANC Today ,
val die vernaamste fokus tot dusver op wie nou eintlik die reg het om
aan die politieke debat deel te neem.

Só byvoorbeeld word die
"swart en wit elite" daarvan beskuldig dat hulle die politieke debat in
Suid-Afrika wil kaap deur hul eie agenda aan die regering op te dwing.

Soos
dit in die tweede aflewering in ANC Today gestel word: "Die elite is
gemaklik met die volgehoue ontkenning of verwringing van objektiewe
waarhede. Hy doen dï t om sy eie waarheid in die openbare oog te laat
geld, eerder as die ware werklikheid."

Teenoor die "wit en swart
elite" stel die ANC die regering , wat hy skets as die profeet van die
"ware werklikheid" omdat die meeste mense in Suid-Afrika vir die party
gestem het.

Wat dié ontleding betref, verg verskeie punte meer aandag.

Eerstens: Na wie die ANC verwys wanneer hy van die "swart en wit elite" praat, is onduidelik.

Die
regerende party sê wel die "swart en wit elite" word saamgesnoer "deur
'n politieke en ideologiese platform wat verskil met dié van die ANC",
maar wat beteken dit werklik?

Is dit 'n verwysing na
opposisiepartye en kritici in die algemeen? Gee die ANC te kenne dat
almal wat met die regering verskil, 'n po litieke ideologie deel?
Indien wel, sal dit interessant wees om te hoor waar die gedeelde
politieke ideologie tussen die DA en kritici in die SAKP en Cosatu lê.

Die
belangrike punt is dat vaaghede soos dié politieke debat steriel maak,
omdat dit 'n miskenning is van die diversiteit van insette uit die
geledere van die opposisie, vakbonde, belangegroepe, politieke
waarnemers en ander wat dalk bloot by geleentheid krities teenoor die
regeringsbenadering staan.

Om te veralgemeen of jou politieke
teenstanders oor dieselfde kam te skeer, is 'n ou strategie wat altyd
deel van die politieke toneel sal wees. Die probleem kom egter wanneer
die nasionale debat deur dié soort strategie oorheers word en vordering
belemmer.

In die tweede plek is daar goeie rede om versigtig te
wees wanneer enigiemand — en des te meer politici of mag hebbers —
hulle as die draers van die "ware werklikheid" voordoen. Dï t het
apartheid ons geleer.

Natuurlik is dit so dat die regering 'n
mandaat van 'n oorweldigende meerderheid het wat hy moet uitvoer. Dit
beteken egter nie jy kan sonder meer die kleed van "ware werklikheid"
hang om alles wat die ANC-regering doen nie .

Die ANC-regering se
onteenseglike mandaat vereis tog dat hy erns maak met die debat oor
vrae soos: Wat is die beste manier om werk te skep? Hoe kan die
MIV/vigs-pandemie die beste bestry word? Hoe kan beter huisvesting
gebou word? Wat is die beste manier om korrupsie te bestry? Ongelukkig
is dié soort vrae te selde deel van die "Groundhog Day" waarin die
politieke debat hom bevind, omdat te veel politieke rolspelers —
sommige ook uit opposisiegeledere — se voorkeur eerder lê by
veralgemenings oor en stereotiperings van hul politieke opponente.

Die groot vraag is egter of dit moontlik is om die politieke debat uit "Groundhog Day" te bevry en hoe dit gedoen moet word.

'n
Praktiese eerste stap sou wees om te gaan kyk na hoe die parlement —
as die vernaamste forum vir die nasionale debat — funksioneer.

Daar
is 'n frustrasie onder baie LP's — in die geledere van die ANC én die
opposisie — dat die huidige stelsel die parlement se oorsig en
moniteringsrol belemmer.

In baie gevalle is die klagte ook dat
die stelsel van proporsionele verteenwoordiging 'n slaafse navolging
van partybase vereis, eerder as 'n regstreekse verantwoordelikheid
teenoor kiesafdelings.

Die gevolg is dat baie LP's wat aan albei
kante van die politieke debat graag na praktiese oplossings vir
nasionale uitdagings wil soek, dikwels teen hul sin by 'n vrugtelose
moddergooiery ingesleep word.

Die taak waarna dié LP's smag, is
nie die versterking van onderlinge wantroue nie, maar eerder die
hervestiging van die hoop om langs die weg van die redelike woord nuwe
moontlikhede te verken.

Eers wanneer jy dié soort debat skep, sal
reg geskied aan pres. Thabo Mbeki se verklaarde benadering van die
nasionale gesprek: "Ek ondersteun die oproep wat eens in China gemaak
is: laat honderd blomme blom — laat honderd denkstrome meeding."

Slegs dan kan ons politieke "Groundhog Day" eindig.

V wjordaan@dieburger.com

Brandpunt (Die Burger, Woensdag 16 Maart 2005)
Willem Jordaan
Die weg na Tuynhuys is geen parkwandeling

DIE
opvolgdebat in die ANC is vinnig aan die verskuif van wié die volgende
president word, na hóé pres. Thabo Mbeki se opvolger aangewys moet
word.

Soos in 'n vorige rubriek aangedui is, was die
praktyk in die ANC tot dusver dat die president van die ANC as
organisasie ook die president van die land word wanneer dié party die
verkiesing wen.

Ná die naweek se vergadering van die ANC se
nasionale uitvoerende komitee (NUK) is daar egter 'n duidelike
onderskeid getref tussen die verkiesing van die party se president en
ander ampsdraers op die nasionale konferensie van 2007, en die aanwys
van die party se presidentskandidaat vir 2009 se nasionale verkiesing.

Binne
die geledere van die regerende alliansie is die onderskeid reeds 'n
twisappel, omdat dit in teorie voorsiening daarvoor maak dat Mbeki in
2007 herkies kan word as president van die ANC, en dat sy opvolger as
president in die maande voor 2009 by wyse van die ANC se interne
lysproses vir die verkiesing aangewys word.

Dï t moet verstaan
word teen die agtergrond dat die regerende alliansie tans verdeel is in
'n pro-Zuma-kamp en 'n anti-Zuma-kamp. Waar laasgenoemde onderling
verskil oor wie die volgende president moet wees, is die saambindende
faktor die oortuiging dat Zuma te veel skade berokken is en dat hy nie
die magtigste amp in die land mag beklee nie.

Dit is hoofsaaklik uit die pro-Zuma-kamp dat besware teen die NUK se idee oor die weg na die presidentskap gehoor word.

Hier
val die klem op tradisie. Jy hoor dat dit reeds die afgelope tien jaar
die praktyk was dat die president van die organisasie ook die president
van die land word: Dï t is tradisie en dit moet bly. Die skietgoed wat
die pro-Zuma-kamp in sy argumente uithaal, is uiteenlopend, maar veral
twee standpunte duik op:

Eerstens word gesê die huidige praktyk
is die beste wyse om eenheid in die party te bewerkstellig in dié opsig
dat die stryd om die presidentskap meteens beëindig word wanneer die
president van die organisasie eers verkies is.

Volgens die
pro-Zuma-kamp is dï t verkieslik bó 'n stryd wat tot kort voor 'n
nasionale verkiesing woed. Die gevaar, word gesê, is dat die ANC fokus
op die verkiesingstrategie kan verloor as hy tot enkele maande voor
stemdag in 'n debat oor die presidentskandidaat gewikkel is.

Die
tweede en verwante argument is dat die bestaande praktyk vir 'n
kontinuï teit van leierskap voorsiening maak. In dié opsig is dit
noodsaaklik om die aangewese opvolger twee jaar te gee om hom of haar
voor te berei om die leisels oor te neem.

Die onderliggende
aanname aan argumente soos dié is dat Zuma in 2007 voldoende steun sal
geniet om in die nasionale verkiesing tot ANC-president verkies te
word. Dán is sy weg na die presidentskap ook gebaan, want Mbeki was
self eers nasionale voorsitter van die ANC, toe die adjunkpresident en
uiteindelik die president.

Zuma was nasionale voorsitter, toe
adjunkpresident, en indien Mbeki se weg ook op hom van toepassing sou
wees, sal hy in 2009 die president word.

Twak, seg die anti-Zuma-kamp: Daar is géén só 'n tradisie nie.

Waar
die pro-Zuma-kamp die klem laat val op die praktyk die afgelope tien
jaar, is die anti-Zuma kamp-gou om uit te wys dat daar maar net drie
verkiesings in dié tien jaar was. Kwalik genoeg om 'n tradisie daar te
stel.

Volgens dié kamp hou die argument oor eenheid in die
organisasie nie steek nie, omdat die interne stryd bloot verskuif word
na die adjunkpresidentskap indien dit reeds twee jaar vooraf 'n
uitgemaakte saak is wie volgende in die warm stoel sit.

Wat
kontinuï teit betref, sê die anti-Zumakamp dï t kan nie alleen
bewerkstellig word deur net tyd te skep vir die oorhandiging van die
leisels nie. Dit moet die regte kandidaat wees en hiervoor maak die
lysproses voldoende voorsiening.

'n Derde argument uit die
anti-Zuma-kamp is dat die lysproses nog altyd voorsiening gemaak het
vir die benoeming van 'n alternatiewe presidentskandidaat. Só word
byvoorbeeld genoem dat Zuma voor 2004 bó Mbeki op sekere provinsies se
kandidatelyste was. Indien hy dit uiteindelik tot bo aan die nasionale
kandidatelys gemaak het, spreek dit vanself dat hy toe president sou
word, al was Mbeki nog president van die organisasie.

Die
teenargument uit die pro-Zuma-kamp is weer dat die uitdruklike
onderskeid tussen die nasionale konferensie en die lysproses die
besluitnemingsbevoegdheid uit die arena van 'n ope verkiesing geneem
het, na 'n proses waar Machiavelliaanse manipulasies van lyste in die
binnekamers van die ANC gedoen kan word.

Binne die regerende
alliansie gaan nog hard koppe gestamp word oor dié saak. . Willem
Jordaan is politieke beriggewer van Die Burger . Dié rubriek is egter
sy eie mening . V wjordaan@dieburger.com

Brandpunt (Die Burger, Woensdag 27 April 2005)
Willem Jordaan
Premierstwiste is net 'n voorsmakie van wat wag

INTERNE
politieke woelinge op provinsiale vlak in die ANC word vinnig 'n
kleedrepetisie vir die groter geveg in die presidentsopvolgdebat.

Namate stoom opbou in die nasionale debat oor wie die volgende
president sal wees, ontwikkel 'n magstryd op talle terreine waar pres.
Thabo Mbeki besluitnemingsbevoegdheid het. Een só 'n terrein is die
gebruik in die ANC dat die president van dié organisasie die
premierskandidate in die provinsies aanwys.

Die vraag wie Mbeki se opvolger dan sal kies as die
premierskandidate vir die verkiesing in 2009, is reeds in verskeie
provinsies 'n faktor wat die onstuimigheid van provinsiale
leierskapstwiste aanblaas. Die breë patroon is dat die kampe van die
aanspraakmakers die leierskap van die huidige premiers vroegtydig onder
verdenking probeer bring, en hulself só voorstoot as die gesalfdes van
'n nuwe president vir 2009.

In die Wes-Kaap is dit die
ondersteuners van mnr. Mcebisi Skwatsha, provinsiale ANC-sekretaris,
wat die premier, mnr. Ebrahim Rasool, uitdaag. Hier word Skwatsha en
mnr. James Ngculu, ANC-LP, voorgestoot vir die provinsiale
leiersverkiesing aanstaande maand én vir die premierskap in 2009.

Die
vernaamste strategie in dié kamp is om Rasool se verbintenis tot
stabiele regering in die Wes-Kaap en eenheid tussen verskillende rasse
onder verdenking te bring.

Binne die konteks van die vraag wie 'n
nuwe president as 'n nuwe Wes-Kaapse premier sal kies, is dit
interessant dat Skwatsha al openlik sy steun agter adj.pres. Jacob Zuma
ingegooi het om Mbeki op te volg.

Verlede maand het Skwatsha op
'n Menseregtedag-vergadering Zuma só aan die woord gestel: "Aan die
woord kom nou ons adjunkpresident, die toekomstige president."Skwatsha
hoop waarskynlik Zuma stel net so baie vertroue in hom!

In die
Oos-Kaap is die premier, me. Nosimo Balindlela, al geruime tyd onder
beleg. Hier is die fokus eerder op ernstige regeringsprobleme onder
haar premierskap waarby die nasionale regering al moes ingryp. Aan
interne partystruweling is daar ook geen tekort nie, en 'n taakspan van
die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) moes ook al hand bysit
om 'n plofbare situasie te ontlont.

Namate die keuse van 'n
opvolger vir Mbeki op die voorgrond kom, sal haar teenstanders
toenemend die kollig op kaar tekortkominge laat val om só die
goedgunstige aandag van 'n toekomstige president te probeer wen.

In die Vrystaat kook sake behoorlik en sedert 1994 kon geeneen van die premiers die vrede tussen faksies bewaar nie.

Die
premier, me. Beatrice Marshoff, is soos haar voorgangers ook 'n
presidentsaanstelling nadat sy slegs die 22ste plek op die ANC se
provinsiale lys gehaal het. 'n Eertydse vertroueling van die ANC-leier
in die Vrystaat, mnr. Ace Magashule, word nou in sommige kringe beskou
as aanspraakmaker op die premierskap in 2009. Hy is mnr. Casca
Mokitlane, wat glo ook 'n goeie kans het om in Junie ANC-leier in die
Vrystaat te word.

Is Marshoff se onlangse besluit om Mokitlane nou provinsiale minister van landbou te maak, 'n poging om Mokitlane te paai?

Teen
die agtergrond van die vraag wie Mbeki se opvolger as Vrystaatse
premier sou verkies, is dit interessant om te sien dat Zuma in verlede
jaar se verkiesing bó Mbeki gelê het op dié provinsie se voorlopige lys
van nasionale kandidate. Juis in dié provinsie waar die premier en die
provinsiale leier nog nooit een en dieselfde persoon was nie, is
Mokitlane se kans veel beter om premier te word as Zuma wel aan die
bewind kom.

Mokitlane kan dus hoop Zuma word president en wys hóm in 2009 as premier aan.

In
die Noord-Kaap, waar Zuma ook bó Mbeki gelê het, het Mbeki se keuse vir
die premierskap geval op mev. Dipuo Peters, eerder as op mnr. John
Block, wat heel bo aan die lys was. Block tree nou binne die interne
woelinge in dié provinsie na vore as die vernaamste aanspraakmaker om
die nuwe president se keuse te wees.

Soos Peters weet, sal sy met haar een oog moet oop slaap vir pogings uit die Blockkamp om haar aansien verder uit te kalwe.

Die
aanspraakmakers in die verskillende provinsies is egter met 'n
gevaarlike spel besig. Die ANC se NUK het 'n duidelike onderskeid
getref tussen die verkiesing van die party se president op die
nasionale konferensie van 2007, en die aanwys van die party se
presidentskandidaat vir 2009 se nasionale verkiesing.

Dié
onderskeid maak in teorie voorsiening dat Mbeki in 2007 herkies kan
word as president van die ANC, en dat sy opvolger as president eers in
die maande voor 2009 by wyse van die ANC se interne lysproses vir die
verkiesing aangewys word.

Indien dï t beteken dat Mbeki sy
bevoegdheid behou om 2009 se premierskandidate aan te wys, gaan diegene
wat sy huidige premiers probeer verswak, hulle straks vasloop.

Willem Jordaan is politieke beriggewer van Die Burger. Dié rubriek is sy eie mening. V wjordaan@dieburger.com